gebore
–
OORLEDE
14 Okt. 1959
UNIVERSITEIT
Sending Inst.
gelegitimeer
1923
ORDEN
1925
standplase
Soedan
1931 Komaggas
1936 NGSK Goudini
1942 NGSK Worcester
1953 NGSK Napier
EMERITEER
–
Eerw. Johannes Nicolaas van Zyl is op Porterville gebore en het daar sy skoolopleiding ontvang. Daarna het hy enige jare in ʼn prokureurskantoor gewerk, maar het later na die Sendinginstituut gegaan, waar hy in 1923 gelegitimeer is. Eers was hy vyf jaar in die Soedan werksaam; daarna het hy die sendinggemeentes Komaggas, Goudini, Worcester en Napier gedien. Met die oordrag van die stasies van die Rhynse Sending van ons kerk het hy geblyk ʼn waardevolle leier te wees. Hy is op 14 Oktober 1959 skielik oorlede na ʼn geseënde dienstyd van 34 jaar. (Jaarboek 1960).