In 1952 berig die NG Kerk Jaarboek as volg oor die werksaamhede van die Skool vir Dowes en Blindes. Vir hedendaagse inligting besoek hulle gerus by https://www.pioneerschool.org.za/ en https://delabatskool.co.za/
Dit was al reeds so vroeg soos 1821 dat eerwaarde George Thom ‘n brief aan die Sinode gerig het om aandag te skenk aan die versorging en onderwys van dowes. In 1880 het die Kaapse Kerk se Sinode gevra dat daar ‘n onderwysinstelling vir dowes gestig word. In 1881 word die Doofstommen Instituut op Worcester gestig deur di William Murray en Christiaan Rabie, met mnr Jan de la Bat as prinsipaal en Lenie du Toit van Wellington as eerste leerder. In 1891 word ‘n afdeling vir blindes bygevoeg en die naam verander nou na die Instituut vir Doofstommen en Blinden. In 1905 sou die Instituut in twee aparte afdelings verdeel. In 1927 word mnr Gawie de la Bat, die seun van Jan, as tweede skoolhoof aangestel. In 1928 word daar vir die eerste keer verwys na die Skool vir Dowes. In 1929 word nuwe gronde aangekoop vir die Skool vir Dowes en in 1944 word ‘n kleuterskool vir dowe kinders gestig. In 1996 verander dit van ‘n kerkskool na ‘n openbare skool.
SKOOL VIR DOWES TE WORCESTER
Onderrig word gegee in die gewone skooivakke tot by Std. VI en daarna vir drie jaar in die volgende ambagte: Naaldwerk, kleremakery, kunsnaaldwerk, kookkuns, was en stryk, huisbestuur, leerwerk en skoenmakery, houtwerk en landbou. Leerlinge word vanaf die ouderdom van 3 jaar opgeneem in ‘n aparte Kleuterskoolafdeling om so gou moontlik ‘n begin to maak met onderrig in spraak en liplees. Daar is ook ‘n spesiale afdeling vir hardhorende kinders wat weens hulle gebrekkige gehoor nie in staat is om met hulle onderwys in die gewone skool voort te gaan nie.
SKOOL VIR BLINDES TE WORCESTER
Dit is die enigste skool in Suid-Afrika vir blanke blinde en sterk swaksigtige kinders. Sedert 1890 is daar reeds oor die 900 leerlinge tot die skool toegelaat. Die leerlingtal wissel tans van 180 tot 190. Die skoolgeboue is op ‘n baie beperkte grondstuk en ‘n verskuiwing na ‘n baie doelmatige terrein staan voor die deur. Ouers is tans wetlik verplig om hul blinde kinders skool toe te stuur. Die skool is egter nie ‘n asiel nie en slegs opvoedbare kinders word toegelaat. Hul ontvang onderrig in die gewone skoolvakke tot en met st. X. Sedert 1944 is 32 leerlinge vir die Senior Sertlflkaat-eksamen ingestuur. Hulle het almal geslaag, 24 in die eersteklas. ‘n Paar leerlinge het ook al universlteitsgrade verwerf met hulp van die skool. Andere is interne studente op universiteite. Onderrig word ook gegee in die volgende beroepsvakke: musiek, klavierstem, telefonie, snelskriftikwerk, breiwerk, weefwerk en die maak van mandjies, matrasse. klapperhaarmatte en rottangmeubels.
Verbonde aan die skool is ‘n groot Braille-drukkery. Hier is ondermeer die reusetaak onderneem om die Bybel in Afrikaanse Braille-skrif oor te sit en wel in 75 dele wat teen 1s. 6d. per deel verkoop word. Daar is slegs vyf tale in die wêreld wat die hele Bybel in Braille-skrlf het en een daarvan is Afrikaans. Ons doen ook drukwerk, waar moontlik, vir die sendingveld.
WERKSWINKEL EN TEHUISE VIR BLINDES
Die werkswinkel en tehuise vir blindes is ‘n nasorgafdeling vir blindes wat die skool verlaat het en bejaarde blanke blinde mans en vroue. ‘n Hostel vir mans en een vir vroue bied alreeds huisvesting vir ‘n honderdtal inwoners, en ‘n werkswinkel verskaf werk en ‘n eie verdienste aan 70 opgeleide blinde werkers in verskillende vakke soos mandjies, rottangmeubeis, matrasse, klapperhaarmatte, gebreide sokkies en klerasie. Baie blindes word hiervandaan uitgeplaas na ander betrekkings in die publieke lewe hoofsaaklik as telefoonoperateurs. Instandhouding en administrasiekoste word gedek deur ‘n subsidie deur die regering en donasies van die publiek asook inkomste van werkswinkelproduksie en geringe losiesgelde. Uitbreiding is dringend noodsaaklik en insamelings word nou gemaak vir die bou van ‘n geskikte werkswinkel. ‘n Huislike atmosfeer en Christelike beginsels word gehandhaaf en appiikante word gehelp om sover moontlik ‘n selfstandige bestaan te maak en ‘n eerbare plek in die sameiewing te beklee.
Hierdie eerste en enigste tehuis vir blinde vrouens in Suid-Afrika is in Mel 1933 onder toesig van die Bestuur van die Skool vir Blindes in die lewe geroep. Die doel is om voorsiening te maak vir die dringende behoefte van versorging en veral werkverskaffing aan so baie van ons volwasse blindes.
BRON: NG Kerk Jaarboek 1952