In Junie 1908 word ds A.G. Murray, wat met verlof in Suid-Afrika is, na Lourenco Marques gestuur om persoonlik uit te vind wat van die aansoek van agt maande tevore waarin gevra word om ‘n sendingstasie op te rig, geword het. Op 19 Junie 1908 ontvang hy skriftelik toestemming vna die Goewerneur-Generaal, generaal Freire d’Andrade, dat ‘n sendingstasie van die NG Kerk in die vallei van die Chibbomoserivier in Angonia, gestig mag word.
Die Sendingraad in Njassaland laat nie op hom wag nie. Onmiddellik word di. W. H. Murray, hoof van die Sending, A. G. Murray en ander afgevaardig om weer ‘n geskikte plek vir ‘n sendingstasie in Angonia te gaan uitkies ten minste 20 myl (32 km) buite die grense van die Roomse sendinggebied. Hulle besluit op ‘n plek “20 myl wes van die Lifidzi-rivier, op die regterwal van die Chibvomozirivier. Dit het hulle die gepaste naam Mphatso (‘Gawe’) gegee, want dit was ‘n ware ‘gawe’ van God in antwoord op soveel gebede”.
Nou stuur die Sendingraad in Malawi vir ds. A. G. Murray na Suid-Afrika om
kericlike verlof te kry om met werk in P.O.A. te begin en ‘n sinode te vind wat
bereid is om finansiële verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar. Ds. Murray het horn reeds vroeër tot die Kerk in Kaapland gewend toe hy die
vergadering van die Algernene Sendingkommissie (A.S.K.) van 12 Augustus
1908 toespreek oor die “openzetten van P.O.A. voor onze Kerk”. Die Kornmis
sie sien, met die oog op “die bestaande tekort”, egter nie sy weg oop om nuwe
finansiële verantwoordelikhede op horn te neem nie. Toe die Sinodale Sendingkommissie (S.S.K.) van die Kerk in Transvaal die
versoek ontvang om P.O.A. as sy buitelandse sendingveld te aanvaar, stern hy
dadelik toe al het hy geen fondse vir die doe! nie en al het die Sinode nog nie sy
goedkeuring daarvoor gegee nie! Die Transvaalse Vroue Sendingvereniging en die Mannesendingbond willig egter in om fondse te voorsien. Op 21 April 1909 word ds A.G. Murray beroep vir die nuwe sendingveld. Hy skryf op 18 Mei 1909 “Ik sta op het punt om in ‘s Heeren Naam Portugeesch Nyassaland binnen te treden.” Ds Murray vestig hom op Mphatso, 40 km wes van Mlanda, aan die voet van die Bumi-bergen op die wal van die Chibvomozirivier, digby die dorp van die groot hoofman Chide (Bron: Cronje, J.M. 1981. Aan God die dank. p. 205-6).