gebore
7 Jan. 1926
OORLEDE
7 Mei 2011
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1950
ORDEN
1951
standplase
1957 Kroonstad-Wes
1961 Worcester
1966 Tamboerskloof
1971 Swartland
EMERITEER
1991
Dr Gerrit Higgo (BA, MA, DTh) 7 Januarie 1926 – 7 Mei 2011
Gerrit Higgo is op 7 Januarie 1926 op die plaas Tierhoek in die distrik Fraserburg gebore. Hy het altyd met heimwee en nostalgie teruggedink aan die vakansies in die Karoo, veral aan die warm bokmelk en heerlike skaapvleis wat kenmerkend is van die streek. Hy was die kind van eerwaarde James Higgo en Hendrika Albertina Theron, ‘n onderwyseres.
Gerrit het sy skoolopleiding in 1932 aan die Laer Oefenskool in die Paarl begin, van 1936 tot 1938 was hy op Garies op skool, en ook later leerling aan die Laerskool Vaalkranz op Lutzville. Hy het sy hoërskoolopleiding in 1939 op Vredendal begin en aan die einde van 1942 aan die Hoërskool Swartland op Malmesbury in die eerste klas gematrikuleer. Sy drie dogters het later aan dieselfde skool gematrikuleer. Sy pa, eerw James Higgo, was van 1940 tot 1944 sendeling in die NG Sendingkerk op Malmesbury, en het daarna leraar van die Rynse gemeente op Stellenbosch geword.
Gerrit het geroepe gevoel om predikant te word en het in 1943 na die Universiteit Stellenbosch vertrek. Hy het akademies uitstekend gevaar en die graad BA (Admissie) behaal. In 1948 het hy die MA-graad in Sielkunde voltooi met die tema: “Die invloed van gestremdhede op die motoriese reaksies.” Hy is ‘n lektorskap in Sielkunde aangebied, maar het geroepe gevoel vir die bediening en sy studies aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch voltooi. Gerrit is op 7 Desember 1950 as proponent gelegitimeer. Hy was as student ook ‘n kranige sportman en het in hokkie uitgeblink.
Hy was tot met sy dood lief vir rugby, krieket, politiek en wêreldsake. Gerrit was ook hartstogtelik lief vir musiek en het tenoor in prof Gawie Cillië se Kweek-skoolkoor gesing. Hy was ook lid van die massakoor van Stephen Eyssentydens die inwyding van die Voortrekkermonument in Pretoria. Gerrit was lief vir klassieke musiek, veral dië deur die sangeres Maria Callas, maar hy kon ook ligter musiek waardeer.
Na sy studies was Gerrit ses maande lank hulpprediker in die NG Gemeente Tweetoringkerk in Bloemfontein, ook in Schweizer-Reneke in die Wes-Transvaal. Op 23 Junie 1951 is hy as leraar by die NG Gemeente Vanstadensrusin die Suidoos-Vrystaat bevestig. Sy dogter skryf: “Ernstige tweespalt in die gemeente het hom hoofsaaklik genoop om ‘n versoenende rol te vervul en dit was nie tevergeefs nie. By hulle vertrek ra ses jaar het daar ‘n pragtige eenheid in die gemeente geheers. Hy het ook ‘n orrelfonds begin en die inwyding van die eerste pyporrel op Vanstadensrusbeleef.”
Op 23 November 1957 het ds Gerrit leraar van die nuutgestigte NG Gemeen¬te Kroonstad-Wes geword. Tydens sy driejarige bediening is ‘n nuwe pastorie en kerkgebou gebou, ook ‘n kerkgebou in die NGKA en ‘n kerkkoshuis vir die Afrikaanse hoërskool.
Daarnahethy op 21 Januarie 1961 leraar van die NG Moedergemeente Worcester geword, waar hy betrokke was by die re¬stourasie van die binne- en buitekant van die historiese kerkgebou. Op 2 April. 1966 het sy bedieningspad na dieNG Gemeente Tamboerskloof in die hart van Kaapstad geloop. Hier het hy vyfj aar lank gewerk. ‘n Roepstem het na die NG Gemeente Swartland op Malmesbury gekom, waar hy op 22 Januarie 1971 bevestig is. Dit was die begin van ‘n bediening van twintig jaar, en dr Gerrit het op 23 Junie 1991 emeritaat daar aanvaar. Van 1972 tot 1989 was hy twee dae per week as pastorale raadgewer by Bybelkor op Wellington betrokke.
het hy die MTh-graad voltooi met die onderwerp: “Die sielkunde as hulpmiddel vir die kategese”, en in 1977 die graad DTh met die proefskrif: “Die aard en funksie van die vrae van die ado¬lessent in die kategetiese onderrig met verwysing na die doelmatigheid van die Nederlandse Geloofsbelydenis as leerstof in die belydenisklas.”
Dr Gerrit Higgo was langer as die helfte van sy bediening van veertig jaar op Malmesbury. Onder sy leiding is ‘n moederskamer, museum en ander geriewe aangebou en is die kerkgebou in 1979 tot Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar. In 1988 het die 50-jarige feesviering van die kerkorrel onder sy leidingplaasgevind.
Gerrit is op 16 Februarie 1952 met Helena Vorster van Potchefstroom getroud. Uit die huwelik is drie kinders gebore: Helene, Riëtte en Jane-Ritha.
In ‘n huldeblyk ‘n leeftyd van diens aan Malmesbury en sy mense is oor hom geskryf: “Gerrit Higgo is ‘n begaafde mens met vele talente – ‘n helder insig, skerp denke, helder stuk teologiese dogma, begrond vanuit die onfeilbare Woord van God. Hy is ‘n aangename mens met ‘n fyn afgeronde sin vir humor en het die beeld vertoon van iemand wat behoort by hulle van wie God hou – mense wat die lewe gebruik om te lewe. Hy was ‘n mens van vrede.”
Die getal 7 het ‘n besondere rol in sy lewe gespeel. Hy en sy dogter Helene en skoonsuster Maritha verjaar op 7 Januarie. Helene is op 17 Januarie 1977 met Alwyn van Zyl getroud en Gerrit het sy DTh in 1977 verwerf. Sy dogter Jane-Ritha verjaar op 17 April. Op 7 Desember 1950 is hy gelegitimeer as proponent, en op 27 Maart 1961 is hy naVanstadensrusberoep.
Dr Gerrit Higgo is op 7 Mei 2011 oorlede, twee maande nadat sy dogter Riëtte gesterfhet. Sy dogter Helene skryf: “Gerrit Higgo het na sy hemelse tuiste verhuis in die geseënde ouderdom van 85 jaar. Vir sy familie het sy kinderlike geloof in God soos ‘n waste baken en veilige hawe uitgestaan. Sy werk vir God was sy passie en ons glo hy sing tenoor in die hemelse koor.” – Dr Gerdrie van der Merwe VDM