Gebore
10 Des. 1866
OORLEDE
9 Aug. 1945
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1890
ORDEN
1891
STANDPLASE
1891 Barrydale
1893 Uniondale
1899 Richmond
1903 Demissie
1905 Potchefstroom
1908 Jeppestown
1912 Tarkastad
1918 Wellington
1925 Molteno
EMIRITEER
1935
Ds. Johannes Francois Botha is op die plaas Rietfontein in die distrik Cradock op 10 Desember 1866 gebore. Na sy skoolopleiding te Cradock is hy na Stellenbosch. Sy Kweekskool-kursus het hy in 1890 voltooi en in 1891 is hy in sy eerste gemeente, Barrydale, georden en bevestig. In 1893 is hy na Uniondale en in 1899 na Richmond. In die jaar 1903 is hy weg van Richmond en toe was hy vir ‘n kort tydjie sekretaris van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap. Hy was die eerste predikant van ons Kerk wat daardie betrekking beklee het. In 1905 het hy as tweede predikant Potchefstroom gegaan en na drie jaar is hy na Jeppestown. In 1912 het hy weer teruggekom na dic Kaapse Kerk en wel na Tarkastad. Ook Wellington het hy vir 7 jaar bedien toe hy in 1925 na Molteno is waar hy in 1935 sy emeritaat aangevra het. Die Kerk het sy veelsydige gawes geken en daarom is hy ook op meer as een kommissie gebruik. In Transvaal, soos later in die Kaapse Kerk, was hy lid van die Raad van die Kerke. In Transvaal het hy ook die kommissie van die Abraham Kriel-kinderhuis gedien en as skriba van die Arbeidskolonie-Kommissie het hy veel te doen gehad met die stigting van De Lagersdrift. In die Kaapse Kerk het hy ook gedien op die Algemene Sendingkommissie en die Kuratorium van die Kweekskool sowel as op die van die Sending-Instituut. Hy was ‘n toegewyde dienskneg van die Here en ‘n uitstaande prediker. Na sy emeritaat het hy hom metterwoon in sy geboorteplek gevestig waar hy op 9 Augustus 1945 oorlede is. (Jaarboek 1946).