Gebore
17 Apr. 1879
OORLEDE
Okt. 1959
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1903
ORDEN
1904
STANDPLASE
Worcester (Hpr.)
1906 Ugie
1907 Rouxville
EMIRITEER
1943
Ds. Harold Sydney Muskett Botha is op 17 April 1879 gebore. Nadat hy in 1903 gelegitimeer is, was hy ‘n paar jaar hulpprediker in Worcester, totdat hy in 1906 na Ugie is. In 1907 het hy ‘n beroep na Rouxville aangeneem, waar hy 36 jaar lank met groot vrug gearbei het, tot sy aftrede in 1943. Ds. Botha was ‘n man van besondere begaafdheid. Onder andere was hy voorsitter van die Federale Sendingraad, eerste sekretaris van die Armesorgkommissie in die Vrystaat, en lid van die Universiteitsraad van die Universiteit van die O.V.S. Hy is op 1 Oktober 1959 oorlede in die ouderdom van 88 jaar. (Jaarboek 1960).